Filter
(found 24 products)
Book cover image
'n Grieselige gesig begroet speuradjudant Storm van der Merwe en haar hond op Grootbaai se strand: die lyk van 'n jong joernalis - sonder haar arm. Vir die kusdorpie se inwoners is dit slegte nuus; lyke wat rondle kan die haaiduikbedryf waarvoor Grootbaai beroemd is, erge skade berokken. Storm se ...
Moordvis
'n Grieselige gesig begroet speuradjudant Storm van der Merwe en haar hond op Grootbaai se strand: die lyk van 'n jong joernalis - sonder haar arm. Vir die kusdorpie se inwoners is dit slegte nuus; lyke wat rondle kan die haaiduikbedryf waarvoor Grootbaai beroemd is, erge skade berokken. Storm se hande jeuk om die saak te ondersoek, maar sy is vir eers ingeperk tot saai kantoorwerk. Boonop het sy nie 'n ryding nie nadat 'n inwoner - 'n aantreklike een daarby - met sy insleepwa in haar Volla vasgejaag het. Intussen sukkel Storm se onmoontlike oudkollega, Andreas Moerdyk, om te fokus terwyl hy ondersoek instel na die dood van 'n bekende Springbokstut wie se motor op die N1 deur 'n soortgelyke trok getref is. Het Storm se ongeluk iets met die rugbyspeler se noodlottige botsing te doen? En hoe steek die joernalis se dood en die stories oor perlemoenstropery op Grootbaai in mekaar? Terwyl Storm antwoorde op die tergende vrae soek, raak dinge vir haar gevaarliker as 'n haaihokduik - sonder die hok.
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781415207208.jpg
18.380000 USD

Moordvis

by Irna van Zyl
Paperback / softback
Page 1 of 1