Filter
(found 142 products)
Book cover image
Kinders ontwikkel sterk breinverbindings en voel gelukkig wanneer hulle leer om hul liggaam te beheer, groot, oorweldigende gevoelens in toom te hou en hul denkvaardighede te ontwikkel. Sommige kinders leer hierdie belangrike vaardighede makliker as ander aan. Daarom is daar nie een benadering tot ouerskap wat vir almal geld nie. ...
Maak Gelukkige Kinders Groot: Die Sleutel Tot 'n Kalm Beheerste Kind
Kinders ontwikkel sterk breinverbindings en voel gelukkig wanneer hulle leer om hul liggaam te beheer, groot, oorweldigende gevoelens in toom te hou en hul denkvaardighede te ontwikkel. Sommige kinders leer hierdie belangrike vaardighede makliker as ander aan. Daarom is daar nie een benadering tot ouerskap wat vir almal geld nie. Maak gelukkige kinders groot is vol stories, voorbeelde en maklike vergelykings wat jou sal help om die volgende te verstaan: Wat in jou kind se ontwikkelende liggaam en brein gebeur; Jou kind se ware temperament en hoe dit die manier waarop hy dink, voel en beweeg, beinvloed. Daar is talle voorbeelde van speletjies wat jy met jou kind kan speel tydens julle daaglike interaksie - van kritieke belang in die ontwikkeling van sy vermoe om te midde van groot, oorweldigende gevoelens sy liggaam te reguleer en sy denke te ontwikkel. Lizanne gee ook stap-vir-stap voorstelle om die algemeenste ouerskapuitdagings met betrekking tot jou unieke kind te hanteer, byvoorbeeld: Ineenstortings; Woede-uibarstings; Vrees, angstigheid en spanning. Wanneer jy jou unieke kind verstaan, kan jy gepaste perke stel en roetines en rituele instel wat 'n kalm, gelukkige en diep verbonde gesin sal verseker.
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781928201175.jpg
USD
Paperback / softback
Book cover image
In mekaar se skoene is 'n boek wat op elke Suid-Afrikaner se boekrak behoort te wees. Dit beklemtoon die verskillende soorte interpersoonlike verhoudings, met die klem op hoe hierdie verhoudings deur respek en empatie verbeter kan word. In die Suid-Afrikaanse konteks - veral wat rassekonflik betref - is dit nodig ...
In Mekaar Se Skoene: .. Waar Staan Jy?
In mekaar se skoene is 'n boek wat op elke Suid-Afrikaner se boekrak behoort te wees. Dit beklemtoon die verskillende soorte interpersoonlike verhoudings, met die klem op hoe hierdie verhoudings deur respek en empatie verbeter kan word. In die Suid-Afrikaanse konteks - veral wat rassekonflik betref - is dit nodig om mense aan te moedig om in mekaar se skoene die lewe vanuit die ander se perspektief te bekyk. In die boek word daar ook gekyk na kommunikasie, rasseverhoudinge, kultuurgrense, verhoudings binne die gesin, vriendskap, die liefdesverhouding, asook verhoudings in die werksplek. Daar is inderdaad iets vir almal in hierdie boek, wat ten doel het om groter verdraagsaamheid teweeg te bring. Die outeur is 'n motiveringsspreker, berader en kampvegter vir die verbetering van rasseverhoudinge in Suid-Afrika. Hierdie boek is gebore uit 'n paar pynlike persoonlike ervarings. Eerder as om die weg van negatiwiteit te volg, het sy gekies om haar pyn in iets positiefs te omskep, waarby ander ook kan baat.
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781920518035.jpg
USD

In Mekaar Se Skoene: .. Waar Staan Jy?

by Andeline Williams-Pretorius
Paperback / softback
Book cover image
Ons topverkoper bababoek met sy toeganklike benadering is pas bygewerk met die jongste navorsing, maar fokus steeds op die drie grootste kwelvrae wat ouers in hul baba se eerste jaar vra: Hoekom huil my baba? Hoe kan ek seker maak dat my baba goed slaap? Hoe kan ek my baba ...
Koester Jou Baba
Ons topverkoper bababoek met sy toeganklike benadering is pas bygewerk met die jongste navorsing, maar fokus steeds op die drie grootste kwelvrae wat ouers in hul baba se eerste jaar vra: Hoekom huil my baba? Hoe kan ek seker maak dat my baba goed slaap? Hoe kan ek my baba se ontwikkeling aanhelp? Nuwe en uitgebreide gedeeltes sluit die volgende in: Hoe verskillende babas sensoriese insette verskillend hanteer. Hoe jy jou baba kan help om in die Kalm-Ontvanklike staat te bly - optimaal vir leer. Die verhouding tussen moegheid en huil. Meer oor borsvoeding. Meer oor koliek, met 'n stap-vir-stap plan om dit te hanteer. Die nuwe uitgawe van Koester jou baba met sy praktiese oplossings vir die algemene uitdagings wat babas meebring, sal ongetwyfeld dieselfde aanhang he as vantevore. Die nuwe inhoud help jou om sinvol te reageer op jou baba se sensoriese behoeftes, en bly jou sleutel tot 'n Kalm-tevrede, koliekvrye baba. Goeie slaapgewoontes en rustige nagte. Jou baba se optimale ontwikkeling en positiewe vroee ervarings.
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781920268657.jpg
USD

Koester Jou Baba

by Megan Foure, Ann Richardson
Paperback / softback
Book cover image
Hierdie titel is uniek omdat dit fokus op 'n goeie verhouding tussen nuwe ouers eerder as op die baba of ouerskap as sodanig - dit gaan oor hoe om 'n gelukkige ouerpaar te wees. Het jul verhouding verander sedert die geboorte van jul baba? Praat julle nog met mekaar en ...
Gesprekke Na Baba: Wat Nuwe Ouers Nodig Het Om Vir Mekaar Te Se
Hierdie titel is uniek omdat dit fokus op 'n goeie verhouding tussen nuwe ouers eerder as op die baba of ouerskap as sodanig - dit gaan oor hoe om 'n gelukkige ouerpaar te wees. Het jul verhouding verander sedert die geboorte van jul baba? Praat julle nog met mekaar en bring tyd as paartjie deur? Dink jy jou maat verstaan hoe jou lewe nou verloop? Het julle minder gereeld seks? Die meeste ouerpare ervaar verhoudingsprobleme na die aankoms van 'n nuwe baba. Die chaos en uitputting en die veranderinge in albei se lewens lei dikwels daartoe dat hulle nie meer doeltreffend kommunikeer nie. So vind gesprekke oor verantwoordelikhede, die deel van die werklas wat die nuwe baba meebring, wat naweke moet gebeur en wie se werk dit is om kos te kook en die huis aan die kant te maak, dikwels nooit eers plaas nie. En wanneer dit wel gebeur, bring dit spanning eerder as oplossings mee. Te veel van ons val terug op verwagtinge oor wat ons maat behoort te doen en voorsien, wat gegrond is op uitgediende stereotipes, en leef jare lank ongelukkig hiermee saam. Lees hier hoe ander ouerpare na die geboorte van hul baba voel. Leer hoe jy gelykheid, begrip en vervulling in jou verhouding kan skep. Met behulp van die Wat ons kan doen - seksies kan julle jul eie soort gesin vorm - een wat by julle albei pas en 'n gelukkige, koesterende omgewing vir julle kinders bied. Om 'n sterk en standvastige vennootskap te bou, is die grootste uitdaging wat nuwe ouers vandag in die gesig staar. Gesprekke na baba help jou om hierdie uitdaging die hoof te bied en die beste pad vorentoe te vind.
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781919992839.jpg
USD
Paperback / softback
Book cover image
Hierdie boek - geskryf deur 'n sielkundige wat nie net in nageboortelike distres (NGD) spesialiseer nie, maar ook daaraan gely het - draai nie doekies om nie. NGD kom al meer voor en daar word gereken dat tot een uit elke drie vroue daardeur geraak word. Dit kan enigeen tref, ...
Wanneer Jou Seeninge Nie Tel Nie: Herken En Verwerk Nageboortelike Distres
Hierdie boek - geskryf deur 'n sielkundige wat nie net in nageboortelike distres (NGD) spesialiseer nie, maar ook daaraan gely het - draai nie doekies om nie. NGD kom al meer voor en daar word gereken dat tot een uit elke drie vroue daardeur geraak word. Dit kan enigeen tref, ongeag ouderdom, ras, en sosiale, ekonomiese en gondsdienstige agtergrond. Maar al is dit vernietigend en belemmerend, kan NGD oorkom word. Linda Lewis bemagtig haar lesers met pertinente inligting en wyse raad gebaseer op haar uitvoerige navorsing asook die leers van die talle vroue wat berading by haar ontvang het. Sy deel haar eie angswekkende ervaring van NGD met jou, met die kragtige boodskap: jy kan van NGD herstel. Leer hoe om: Die vreugde en lewenslus wat jy dink jy vir altyd verloor het, terug te kry; simptome te herken en te verstaan wat met jou gebeur; die skaamte en wanopvattings hok te slaan; langtermyn probleme te voorkom; en jou gevoelens aan jou geliefdes te verduidelik sodat hulle jou die onderskraging kan gee wat jy so nodig het om hierdie uitmergelende toestand te oorkom. Met sy hope positiewe voorstelle wat uit persoonlike ervaring gebore is, is hierdie boek waarlik 'n onmisbare hulpmiddel op die pad na herstel.
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781920479053.jpg
USD
Paperback / softback
Book cover image
Kinders ontwikkel voortdurend en gedy as daaglikse roetine 'n interaktiewe speletjie word. Speel Leer Slim is 'n gids om Ma en Pa (en ideaal alle versorgers) te help om hulle kind se liggaam, hart en verstand met weldeurdagte ingryping te help vorm. Dit bevat hope idees vir eenvoudige speletjies om ...
Speel leer slim: 'n Kind is 'n mens in wording
Kinders ontwikkel voortdurend en gedy as daaglikse roetine 'n interaktiewe speletjie word. Speel Leer Slim is 'n gids om Ma en Pa (en ideaal alle versorgers) te help om hulle kind se liggaam, hart en verstand met weldeurdagte ingryping te help vorm. Dit bevat hope idees vir eenvoudige speletjies om komplekse vaardighede te ontwikkel. (Gemik op kinders tussen 3 en 7 jaar oud.) 'n Kind moet die lewe ervaar om deel daarvan te word. Help jou kind so om die lewe deur haar daaglikse roetine te ervaar: benoem alles waaraan jy raak; verduidelik wat om julle gebeur; wys haar hoe dinge werk en gee haar hope geleenthede om te ontdek en te leer, te beweeg en vrae te vra. Jy hoef nie al die antwoorde te ken nie - leer jou kind van kleins af om self die antwoorde te vind. Hierdie boek is nie 'n afmerklys wat jy arbitrer moet invul of voltooi nie. Dis 'n padkaart om jou op jou kind se ontwikkelingspad te begelei. Daar is nie ouderdomsaanduidings nie, want elke kind ontwikkel teen haar eie tempo. 'n Kind se ontwikkeling is nie 'n resies wat gewen moet word nie. Dit is 'n reis op pad na skoolgereedheid waartydens vaardighede ontwikkel, kennis ontdek en duisende ervarings beleef moet word.
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781920479596.jpg
USD

Speel leer slim: 'n Kind is 'n mens in wording

by Liz Victor, Dr Melodie de Jager
Paperback / softback
Book cover image
Hierdie ideesboek bevat waardevolle raad en voorstelle vir ouers en versorgers wat wil seker maak dat hul kinders van kleins af lief is vir boeke - eers as babas, dan eerste lesers, laerskoollesers, die tusseninners en tieners. Bekende boekresensent Jay Heale verslind boeke en deel die kennis wat hy in ...
Dol Oor Boeke: Hoekom En Wat Om Vir Jou Kind Te Lees
Hierdie ideesboek bevat waardevolle raad en voorstelle vir ouers en versorgers wat wil seker maak dat hul kinders van kleins af lief is vir boeke - eers as babas, dan eerste lesers, laerskoollesers, die tusseninners en tieners. Bekende boekresensent Jay Heale verslind boeke en deel die kennis wat hy in 'n leeftyd van noue betrokkenheid by boeke opgedoen het met aansteeklike entoesiasme. Die boek sluit 'n skatkis van aanbevole boeke vir die boekrak in, met spesifieke verwysings na oorspronklike Afrikaanse boeke en stories deur Lona Gericke (afgetrede hoof van Bellville Openbare Biblioteek se kinderafdeling). Daar word ook deurgaans in die hoofteks voorbeelde gegee van spesifieke leesstof en klassieke keuses. Verder word boeke oor boeke en inligting oor biblioteke bespreek, asook elektroniese leesstof en die manier waarop tegnologie die manier waarop ons lees, beinvloed het.
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781920479275.jpg
USD
Paperback / softback
Book cover image
Ouerskap is 'n taak waarvoor ons geen opleiding kry nie, daar is nie 'n keurproses of eksamens nie, en geen permit word vereis nie. Tog hou jy die lewe en toekoms van 'n ander mens in jou hande wanneer jy 'n ouer word. Hierdie titel sal 'n reusebydrae lewer to ...
Positiewe Ouerskap: Die Rol Van Kommunikasie in Die Gesin
Ouerskap is 'n taak waarvoor ons geen opleiding kry nie, daar is nie 'n keurproses of eksamens nie, en geen permit word vereis nie. Tog hou jy die lewe en toekoms van 'n ander mens in jou hande wanneer jy 'n ouer word. Hierdie titel sal 'n reusebydrae lewer to elke ouer se ouerskapvaardighede. Dit fokus op kommunikasie as die kern van interpersoonlike verhoudings en sal jou help om jou kinders die beste moontlike, weloorwoe opvoeding te gee. Hoewel elke mens 'n unieke kulturele agtergrond het, is daar universele ouerskapbeginsels en het ons kinders dieselfde behoeftes, vrese en drome. Elkeen van ons se diepste behoefte is waarskynlik om te weet dat ons gekoester en waardevol geag word bloot op grond van onsself wees. Positiewe ouerskap kyk uit hierdie perspektief na die volgende: Wat is jou wense vir jou kind? Hoe struktuur geborgenheid meebring; 'n Goeie selfbeeld vir jou kind; Vorm goeie verhoudings; Onvoorwaardelike liefde; Hoe om pret te he met jou kind. Spiritualiteit positiewe ouerskap is 'n noodsaaklike gids om ouers te help om die wonderlike, maar veeleisende verantwoordelikheid van ouerskap in die 21ste eeu in Suid-Afrika met selfvertroue te hanteer.
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781919992679.jpg
USD
Paperback / softback
Book cover image
In hierdie boek gee Anne Cawood, ouerskapkenner en self 'n ouma van etlike kleinkinders, wyse raad aan grootouers wat hierdie wonderlike lewensfase betree of reeds daar is, met haar uitgebreide praktyknotas as basis. Oupas en oumas speel 'n geweldige groot rol in die lewens van die nuwe generasie - hulle ...
Kinders Moet Oumas En Oupas He
In hierdie boek gee Anne Cawood, ouerskapkenner en self 'n ouma van etlike kleinkinders, wyse raad aan grootouers wat hierdie wonderlike lewensfase betree of reeds daar is, met haar uitgebreide praktyknotas as basis. Oupas en oumas speel 'n geweldige groot rol in die lewens van die nuwe generasie - hulle eie kinders sowel as hulle kleinkinders s'n. Selfs in die hedendaagse wereld van tegnologiese ontwikkeling, oombliklike kommunikasie en blitsreise, is daar eenvoudig niks wat die sorg, liefde en ondersteuning van die uitgebreide gesin kan vervang in die lewensiklus waar grootouers die allerbelangrike skakel tussen die verlede en die toekoms vergestalt nie. Hierdie boek is gemik op alle grootouers, of enigiemand wat hierdie uiters belangrike rol in 'n kind se lewe vervul. Dit bied leiding en ondersteuning om grootouers insig te gee in die lewens van kinders in die 21ste eeu, en bevat talle wenke en inligting oor waardevolle vaardighede en positiewe strategiee om hulle kleinkinders te hanteer en geniet. So kan hulle steeds betekenisvolle lewens lei wat aan hul eie behoeftes voldoen, en hulle welverdiende vryheid en onafhanklikheid koester.
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781920268329.jpg
USD
Paperback / softback
Book cover image
Borsvoeding is ongetwyfeld die natuurlikste en gesondste manier om jou baba te voed, maar dis nie noodwendig altyd instinktief of maklik nie. Ma's het dikwels nie die nodige kennis en ondersteuning om kommerloos te borsvoed nie en daarvoor is hierdie boek die antwoord. Dit is 'n volledige, maar kompakte praktiese ...
Borsvoed Jou Baba: Maak Dit Vir Jou En Jou Baba Maklik
Borsvoeding is ongetwyfeld die natuurlikste en gesondste manier om jou baba te voed, maar dis nie noodwendig altyd instinktief of maklik nie. Ma's het dikwels nie die nodige kennis en ondersteuning om kommerloos te borsvoed nie en daarvoor is hierdie boek die antwoord. Dit is 'n volledige, maar kompakte praktiese gids vir ma's wat borsvoed. Die jongste navorsing op die gebied word in die inhoud weerspieel, en omdat die boek op 'n sterk feitebasis berus, sal dit ook van onskatbare waarde wees vir dokters, verpleegpersoneel, voorgeboortelike begeleiers en doulas - enigiemand wat vroue voor, tydens en na die geboorte bystaan. Die inligting is gesaghebbend en bondig genoeg aangebied dat die boek voor baba se geboorte in een of twee sessies deurgelees kan word, maar met genoeg detail om gedurende die borsvoedproses ma se borsvoedbybel te wees. Elke hoofstuk skop af met tien top-wenke oor die tema, en die inhoud word deurgaans aangevul met praktiese wenke en voorstelle. Uittreksels uit gevallestudies word deurgaans gebruik, en hou die trant prakties terwyl dit ma's ook gerusstel dat hulle nie alleen is as hulle sukkel nie. Die onderskeie hoofstukke dek die volgende: Hoekom borsvoed; Voorbereiding vir borsvoeding; Hoe borsvoeding werk; Die beste begin (suiggreep en genoeg melk); Voorkoming en hantering van probleme; 'n Baba in die huis; Terug werk toe (borsvoed wanneer jy nie daar is nie: pompe en ander hulpmiddels); Die ouer baba; Wanneer om te speen; Borsvoeding in spesiale omstandighede. Daar is ook 'n lys name en kontakbesonderhede van laktasiespesialiste en La Leche-groepe regdeur die land sodat ma's wat borsvoed sal weet waar om hulp te soek as hulle sukkel.
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781920479718.jpg
USD
Paperback / softback
Book cover image
Die kleuterjare is 'n tyd van ongeewenaarde groei en ontwikkeling. Dis ook 'n tyd van woedeuitbarstings en konflik. As jy weet wat normale kleutergedrag is, kan jy dit realisties, doeltreffend en sonder skuldgevoelens hanteer. Jou kleuter leer deur sy sintuie - om hom die beste leiding te gee, het jy ...
Koester Jou Kleuter: Verstaan Jou Kleuter Se Sensoriese Wereld
Die kleuterjare is 'n tyd van ongeewenaarde groei en ontwikkeling. Dis ook 'n tyd van woedeuitbarstings en konflik. As jy weet wat normale kleutergedrag is, kan jy dit realisties, doeltreffend en sonder skuldgevoelens hanteer. Jou kleuter leer deur sy sintuie - om hom die beste leiding te gee, het jy hope sin-volle insig nodig. Hierdie gewilde opvolg op Koester jou baba is pas bygewerk met die jongste relevante navorsing en vertel jou alles oor: Hoe om jou kind se unieke sensoriese profiel te herken en verstaan; stimulering sonder om jou kind te oorlaai; slaaptydoplossings vir elke ouderdom; dissipline met liefde en 'n sin vir humor; 'n sinvolle benadering tot toiletgebruik; kleutervoeding en hoe om kleuterfiemies te hanteer; ontwikkelingsmylpale en idees om ontwikkeling aan te moedig; hoe om leergestremdhede te herken en vroeg reeds aan te spreek.
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781920479190.jpg
USD
Paperback / softback
Book cover image
Ons is gelowiges met 'n ywer vir God, maar met stukkende, geskeurde verhoudings. Het Jesus dan nie juis gekom om dit te kom herstel nie? Wat is fout? Dis ons almal se krisis. Hierdie title is nie soseer 'n lesing in die dinamika van verhoudings nie, as wat dit 'n ...
Verhoudings: Uit Die Pen Van Die Skrywer Van Pleisters Vir Die Siel Soos Uitgesaai in Brekfis Met Derrich Op RSG
Ons is gelowiges met 'n ywer vir God, maar met stukkende, geskeurde verhoudings. Het Jesus dan nie juis gekom om dit te kom herstel nie? Wat is fout? Dis ons almal se krisis. Hierdie title is nie soseer 'n lesing in die dinamika van verhoudings nie, as wat dit 'n belydenis en 'n getuienis is. Is dit nie vreemd dat die meeste van ons eers besef hoe belangrik hierdie saak in ons lewe is as ons aan die bloeikant daarvan staan nie? Kan 'n mens regtig goeie verhoudings he? Selfs met taxibestuurders, politici, misdadigers en teenstanders? En met jou vrou of man of kinders? In hierdie titel se ek hard en duidelik: Ja! Maar dit kos meer as 'n motiveringspraatjie om dit te bewaarheid. My leermeesters op hierdie pad is by uitnemendheid my vrou en kinders en ouers. Hulle word bygestaan deur my vriende, mede-gemeentelede, mede-inwoners op die dorp en vyande. Ek leer by diegene wat my opbou en diegene wat my seermaak. Maar die dekaan van hierdie lewensuniversiteit is Jesus Christus self. Hy is die beste en die kundigste. Dis 'n fees om by Hom en die res van die fakulteit te leer wat regtig belangrik in die lewe is. Mag jy saam met my hierin feesvier en leer, want miskien ontmoet ons mekaar more in die straat...
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9780620448413.jpg
USD
Paperback / softback
Book cover image
Breastfeeding is undoubtedly the natural and healthy way to nourish your baby, but it is neither always easy nor instinctive. Mothers often lack the knowledge and support they need for trouble-free breastfeeding. Breastfeed your baby is a complete but concise, practical guide for nursing mothers. The information is based on ...
Breastfeed Your Baby: Make it Easy and Enjoyable for Both of You
Breastfeeding is undoubtedly the natural and healthy way to nourish your baby, but it is neither always easy nor instinctive. Mothers often lack the knowledge and support they need for trouble-free breastfeeding. Breastfeed your baby is a complete but concise, practical guide for nursing mothers. The information is based on the most recent research in the field, and since it is evidence-based, it will also be invaluable to doctors, nursing staff, antenatal professionals and doulas - everyone assisting women during the intra-partum period. The information is authoritative and presented in such a way that the book can be read in one or two sittings before the baby's birth, yet detailed enough to remain an essential companion throughout the breastfeeding process. Each chapter starts with ten top tips on the theme, and the content is enhanced throughout with practical hints and tips. Case histories scattered throughout add to the level of practicality and will help mothers realize that they are not alone if they struggle. Chapters include: Why breastfeed; Preparing for breastfeeding; The mechanics of breastfeeding; The best start (latching, ensuring good milk supply); Preventing and solving problems; Baby at home; Back to work (breastfeeding in absentia, pumps and other aids); Nursing an older baby; When to wean; Breastfeeding in special circumstances. The book also contains contact details for lactation specialists and La Leche League groups throughout the country so nursing mothers will know where to find help if they struggle.
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781920479701.jpg
USD
Paperback / softback
Book cover image
Die skrywer, 'n raadgewer, bemagtig jou danksy jare se praktiese ervaring om jou kinders se angstigheid en gevoelens van onsekerheid te beperk en so doeltreffend moontlik die ewewig in jou gesin te hervestig. Sy gee praktiese riglyne oor die volgende aan die hand van talle gevallestudies uit haar omvangryke leers: ...
Aanpasbare Grense: Help Kinders En Tieners Om Skeiding En Egskeiding Te Verwerk
Die skrywer, 'n raadgewer, bemagtig jou danksy jare se praktiese ervaring om jou kinders se angstigheid en gevoelens van onsekerheid te beperk en so doeltreffend moontlik die ewewig in jou gesin te hervestig. Sy gee praktiese riglyne oor die volgende aan die hand van talle gevallestudies uit haar omvangryke leers: Hoe, wanneer en waar om jou kinders op 'n ouderdomsgepaste en eerlike manier in te lig; Emosionele ondersteuning vir jou as ouer; Hoe om aktief te luister, woede te hanteer en duidelike, ferm en konsekwente grense daar te stel; Die regsaspekte van die nuwe Kinderwet wat die beste belange van die kind beklemtoon; Ooreenkomste vir gesamentlike ouerskap; Voortgesette verhoudings met uitgebreide familie en hoe om nuwe lewensmaats bekend te stel; Raad aan stiefouers en ouers wat nooit voor die skeiding getroud was nie.
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781920268367.jpg
USD
Paperback / softback
Page 1 of 5