Stiltes & Steiltes: 104 Fm Radio Tygerberg

Paperback
Dr. Soon Zevenster was in aktiewe gemeentebediening vir meer as 25 jaar. Hy is 'n visioner wat in 1980 aansoek gedoen het vir 'n radiolisensie in 'n tydperk toe dit ongehoord was. Na baie jare se volharding is die lisensie uiteindelik toegestaan in 1993 en van 'n nederige begin in Sondagskoolklaskamers groei Radio Tygerberg deur die Here se genade om vandag die grootste Christen radiostasie in Suid-Afrika te wees. Dr. Zevenster, of Oom Soon, soos hy alombekend staan, lewer weekliks praatjies en preke op Radio Tygerberg en van aftree is daar nie sprake nie. Hy is getroud met Betsie en hulle woon in Bloubergstrand. Hy het twee kinders en vier kleinkinders.