Pleisters Vir Die Siel: Soos Uitgesaai in Brekfis Met Derrich Op RSG

Paperback
Die Pleister vir die siel-konsep het sy ontstaan gehad toe ek by RSG met Brekfis met Derrich (Saterdae) begin het. Die inhoud van die destydse bydraes was taamlik formeel en ons wou iets skep wat 'n bietjie meer vleis om die been het, maar nie Bybelversies of preke is nie. Saterdae is vir die meeste mense 'n woelige dag en die bydrae moes pas by die tempo van die dag met 'n kort en kragtige impak.