Paperback
Ek voel soos iemand wat nou met oop oe na 'n afgrond toe stap. Die uiteinde daarvan kan net geluk of ongeluk wees. Ek wil egter die kans waag. Ek wil liefhe met 'n liefde wat my snags laat wakker le van verlange, wat my folter en oplig en my laat voel dat ek leef. Ek wil iemand mis met 'n seer in my as hy nie daar is nie. Ek wil voel of ek op wolke loop as hy vir my kyk of saggies aan my raak. Miskien is dit idealisties. Miskien bestaan daar nie so iets nie. Het ek 'n sielsgenoot? Miskien. Miskien nie.