Pleisters Vir Die Siel 3: Soos Uitgesaai in Brekfis Met Derrich Op RSG

Paperback
Riekert Botha: Na die verstommende ontvangs van die eerste Pleisters vir die Siel het ek ? wonderlike kykie in ? deel van God se hart gekry. Ek kon vir ? oomblik sien wat God elke dag sien: die honger en dors wat daar is in mense se hart na die waarheid en na lewe. Dit was vir my ? enorme bemoediging en aansporing. Die klein radio-programmetjie Saterdagoggende op RSG is nie net ? tydvuller nie. Dis ? wonderlike geleentheid wat God gebruik om mense te bereik wat dalk andersins nie toeganklik sou wees nie. Daar is egter nie net aanhangers van Pleisters vir die Siel nie. Daar is ook mense wat dink dit is sommer nonsies en ? oningeligte gebabbel. Hulle vorm ook ? belangrike deel van die luisteraarsgehoor. Hulle is skepties en dring diep met hulle vrae - en dit is ook belangrik. Die goeie nuus is dat ek nie Jesus Christus is nie, en dat die dinge wat ek se nie die grondwaarhede vorm waarop mense hulle lewe bou nie. Daar is net een Persoon wat dit kan doen en dit is Jesus Christus self. Die beste nuus van alles is dat Jesus rerig is. Dis nie vir my om te bewys of te verdedig nie. Enigiemand wat dit wil waag kan dit persoonlik uitvind. Dis die groot opwinding van die evangelie! Ons hoef nie net te praat oor pleisters nie, ons kan werklik die genesing van God in ons lewe beleef. Ons hoef nie net te praat van wat God alles kan doen en wil doen nie - ons kan dit eerstehands ervaar. As dit nie daarvoor was nie, het ek binne die eerste maand hierdie program gestaak. Dan sou die gedrukte weergawe van Pleisters vir die Siel - soos hierdie een - ook nooit kon realiseer nie. Mag jy Jesus innig en werklik beleef. As jy reeds die voorreg het om Hom te geniet, mag jou verhouding met Hom tot nuwe hoogtes gevoer word.