'n Nuwe Trek: Terug na u God: Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

Sold by Ingram

This product may not be approved for your region.
Paperback
  • Free Shipping

    On orders of AED 100 or more. Standard delivery within 5-15 days.
  • Free Reserve & Collect

    Reserve & Collect from Magrudy's or partner stores accross the UAE.
  • Cash On Delivery

    Pay when your order arrives.
  • Free returns

    See more about our return policy.
Die 1838-Gelofte-bewoording algemeen in gebruik is 'n samestelling uit drie Gelofte- oorkondes : (1) Die Kommandantsverslag in die (tweetalige) Kaapse Koerant De Zuid-Afrikaan gepubliseer kort na die Bloedrivier-veldslag; (2) Die Kommandojoernaal binne enkele maande na (1) in dieselfde koerant afgedruk; en (3) Cilliers se sterfbedherinnerings meer as 30 jaar later deur Hofstede gepubliseer. ('n Cilliers-brief met soortgelyke inhoud het ook gedeeltelik behoue gebly.) Vir die heel eerste keer word al die Gelofte-oertekste in oorspronklike weergawe, noukeurig en volledig in 'n enkele bundel weergegee, saam met al die redaksionele kommentaar wat in De Zuid-Afrikaan daaromheen verskyn het. Na elkeen van die transkripsies word 'n skandering uit die vroegste-behoue uitgawes van die oorkondes gegee, naamlik van daardie paragrawe wat die Gelofte-bewoording bevat. Die bundel sluit af met aantekeninge waarin die Gelofte-bronne met mekaar en met die gangbare weergawe vergelyk word.