Filter
(found 10 products)
Book cover image
Words of Jesus for Men
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9781432121662.jpg
13.640000 USD

Words of Jesus for Men

by Riekert Botha
Paperback
Book cover image
Dit was onvermydelik dat Riekert Botha 'n dagboek sou skryf. Sy radiopraatjies en sy boeke Pleisters vir die siel 1 en 2 het sy lesers se belangstelling geprikkel om Riekert en die God wat hy aanbid en waarvoor hy so lief is, beter te leer ken. In Voluit menswees skryf ...
Voluit Menswees: 'n Bybelse Dagboek Met 'n Pleister Vir Elke Dag
Dit was onvermydelik dat Riekert Botha 'n dagboek sou skryf. Sy radiopraatjies en sy boeke Pleisters vir die siel 1 en 2 het sy lesers se belangstelling geprikkel om Riekert en die God wat hy aanbid en waarvoor hy so lief is, beter te leer ken. In Voluit menswees skryf Riekert op 'n vars en nuwe manier in sy kenmerkende styl en begelei hy sy lesers elke dag van die jaar op die geloofspad. Oor wedergeboorte skryf hy: Gehoorsaamheid aan God begin deur na Jesus te draai om verlossing. Ons is so vasgeval in duisternis dat ons onmoontlik aan God gehoorsaam kan wees. As ons na Jesus gryp, bring Hy verlossing van die donkerheid. Jesus bring die nuwe lewe en hoop. Jesus restoureer ons vermoe om God se stem te hoor en aan Hom gehoorsaam te wees. Jesus noem dit die 'wedergeboorte.' Al Riekert se uitsprake is op die Bybel gegrond, en in die dagstukkies word daar na verskeie Bybeltekste verwys om sy standpunt te staaf. Die leser sal daarby baat om met die lees van die dagstuk die teksverwysings in die Bybel op te soek. Sodoende leer 'n mens die Bybel ken, want geen boek kan die Bybel vervang nie. Elke dagstuk eindig met 'n toepaslike pleister; 366 pleisters vir die hartseer van die wereld; pleisters wat vertroos en genees en moed vir die lewe gee. Riekert leef volgens die riglyn: As ons God wil beleef moet ons Jesus beleef. Jesus is die enigste Persoon wat nog ooit vir God gesien het, want Jesus le op die bors van God (Joh 1:18, 1953).
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9780620469319.jpg
USD
Hardback
Book cover image
Wie het nog nie gehoor dat ons mekaar moet liefhe nie? Die saal is stil. Miskien het jy my nie reg verstaan nie. Ek wil weet wie hier teenwoordig het nog nooit gehoor dat ons mekaar moet liefhe nie? Geen hande gaan op nie. Hier en daar is 'n skalkse ...
Pleisters Vir Verhoudings: Uit Die Pen Van Die Skrywer Van Pleisters Vir Die Siel Soos Uitgesaai in Brekfis Met Derrich Op RSG
Wie het nog nie gehoor dat ons mekaar moet liefhe nie? Die saal is stil. Miskien het jy my nie reg verstaan nie. Ek wil weet wie hier teenwoordig het nog nooit gehoor dat ons mekaar moet liefhe nie? Geen hande gaan op nie. Hier en daar is 'n skalkse glimlag sigbaar. Hiermee aanvaar ek dan dat ons almal dit al gehoor het. Qui tacet consentire videtur. Die stilte was die antwoord. Waarom is hierdie dan steeds die grootste krisis in ons lewe? Hierdie situasie speel hom telkemale voor gehore af waar ek genooi word om te praat. Ons is gelowiges met 'n ywer vir God, maar met stukkende, geskeurde verhoudings. Het Jesus dan nie juis gekom om dit te kom herstel nie? Wat is fout? Dis ons almal se krisis. Hierdie boek is nie soseer 'n lesing in die dinamika van verhoudings nie, as wat dit 'n belydenis en 'n getuienis is. Is dit nie vreemd dat die meeste van ons eers besef hoe belangrik hierdie saak in ons lewe is as ons aan die bloeikant daarvan staan nie? Kan 'n mens regtig goeie verhoudings he? Selfs met taxibestuurders, politici, misdadigers en teenstanders? En met jou vrou of man of kinders? In hierdie boek se ek hard en duidelik: Ja! Maar dit kos meer as 'n motiveringspraatjie om dit te bewaarheid. My leermeesters op hierdie pad is by uitnemendheid my vrou en kinders en ouers. Hulle word bygestaan deur my vriende, mede-gemeentelede, mede-inwoners op die dorp en vyande. Ek leer by diegene wat my opbou en diegene wat my seermaak. Maar die dekaan van hierdie lewensuniversiteit is Jesus Christus self. Hy is die beste en die kundigste. Dis 'n fees om by Hom en die res van die fakulteit te leer wat regtig belangrik in die lewe is. Mag jy saam met my hierin feesvier en leer, want miskien ontmoet ons mekaar more in die straat...
https://magrudy-assets.storage.googleapis.com/9780986998126.jpg
USD
Paperback
Page 1 of 1